Nog ‘n polisieman vermoor

ʼn Polisiebeampte is doodgeskiet in ʼn skietgeveg naby Mthatha in die Oos-Kaap.

Brig. Lindela Mashigo, ʼn polisiewoordvoerder, sê ao. Mawethu Siganga is noodlottig gewond nadat ʼn skietgeveg tussen die polisie en ses gewapende mans uitgebreek het. Twee van die gewapende mans het in Mei vanjaar uit polisieaanhouding ontsnap. Een van die mans is in die proses doodgeskiet terwyl ʼn ander in hegtenis geneem is. Siganga is die tweede polisiebeampte wat die week vermoor is. Ao. Lennox Latha is Sondag deur gevangenes verwurg by die Katlehong-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.