Nog ʼn polisieman vermoor

ʼn Polisieman is doodgeskiet nadat hy en ʼn kollega ʼn vrou bygestaan het naby die Joe Slovo-informele nedersetting in Reiger Park aan die Oos-Rand.

Die 44-jarige adjudant-offisier en ʼn konstabel het Woensdagoggend die gebied patrolleer toe ʼn vrou hul genader het en vir hulle gesê het dat twee mans ʼn vuurwapen op haar gerig het. Die polisie het die mans agterna gesit wat in verskillende rigtings begin hardloop het. Die polisiebeamptes het in verskillende paaie afgehardloop waarna die konstabel ʼn skoot gehoor het en gaan ondersoek instel het. Die adjudant-offisier is op die toneel dood verklaar. Nog twee polisiebeamptes is vroeër die week vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.