Nóg ‘n Roadlink-bus onpadwaardig verklaar

Metrobeamptes van die Wes-Kaap het Sondag nóg ‘n SA Roadlink-bus naby Beaufort-Wes onpadwaardig verklaar.

Volgens Eyewitness News het die bus glo 60 passasiers vervoer toe hy van Johannesburg na Kaapstad gereis het. Toe beamptes die voertuig afgetrek het, het hulle twee foute opgespoor en die voertuig onpadwaardig verklaar. Volgens Kenny Africa, hoof van die verkeersdepartement in die Wes-Kaap, was die bus se skokbrekers stukkend en was daar ‘n probleem met die lugsakke. SA Roadlink se Abdul Karriem het gesê, “Daar was ‘n foutiewe hegtingstuk op die skokbreker en dit kan met enigiemand op die pad gebeur. Ons het dit deur iemand in Beaufort-Wes laat regmaak maar die verkeersbeamptes wou nie die herstelwerk aanvaar nie.” In Oktober het die busmaatskappy wat gereeld in die spervuur is, aangekondig dat hulle all hulle dienste volledig sal herskryf, insluitend nuwe busse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.