Nóg ‘n selfmoord by Van Stadensbrug

Van Stadensbrug

‘n 35-jarige man van Port Elizabeth het Donderdagaand by die Van Stadensbrug op die N2 in die Oos-Kaap afgespring.

“Ooggetuies sê die man het sy voertuig omstreeks 19:30 parkeer en dadelik gespring,” het ao Marianette Olivier, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man is liggaam is Vrydag opgespoor. Die man se naam word op versoek van sy naasbestaandes nie bekendgemaak nie.

Dit is die sesde selfmoord dié jaar en die 87ste selfmoord in totaal by die Van Stadensbrug. ‘n 43-jarige man van Uitenhage het op 10 Desember afgespring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.