Nog ʼn seuntjie vir Bobby van Jaarsveld

Etlike ure na Bobby van Jaarsveld vandag ʼn groot groep mense toegespreek het oor hoe die moord op baba Wiehan Botes hom geruk het, het hy en sy vrou Annatjie die goeie nuus gehoor dat sy nog ʼn seuntjie verwag.

Bobby het vroeër Dinsdag tydens die Stap Teen Geweld-optog gepraat. Die inisiatief is geneem in reaksie op die gru-moord van die 5-maande-oue Wiehan en sy oppasser, Margrietha de Goede (66), in Delmas verlede maand.

Bobby het tydens sy toespraak gesê hoe Wiehan se moord hom geruk het, en dat dit hom dadelik aan sy eie seun laat dink het. Die nuus het hom laat huil en hy en ander rolspelers het besluit om aksie te neem en iets teen misdaad in die land te doen, al moet hulle honderde optogte hou.

Ná die optog het Bobby op Twitter geskryf die optog was “ʼn baie groot sukses” en hy het almal bedank wat daar was. Hy het kort daarna getweet hulle is nou op pad om te gaan kyk of hul seuntjie Sion ʼn boetie of sussie gaan kry, wat gevolg het met die nuus: “Dis i seuntjie!!!!!!” [sic]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.