Nog ʼn skietery op Fochville-plaas

ʼn Man is Dinsdag doodgeskiet en ʼn ander gewond op ʼn boer se plaas in Fochville waar twee huurders Maandag in die polisie se teenwoordigheid doodgeskiet is, het Beeld Woensdag berig.

Dinsdag se skietery het in dieselfde omgewing plaasgevind waar Maandag se voorval gebeur het.

Lt.Kol. Hennie Maass, die bevelvoerder van die Fochville-polisiestasie, het gesê die geweld wat op die boer se gronde plaasvind hou moontlik verband met onwettige mynwerkers wat oor grond baklei. Hy sê die polisie het verlede week 22 onwettige immigrante daar in hegtenis geneem en hulle gedeporteer. “Hulle baklei oor en weer en hier is baie geweld en misdaad, maar dit word nie aangemeld nie,” het Maass gesê.

Bertus Moolman, die boer op wie se grond die geweld plaasvind, is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo twee huurders in die polisie se teenwoordigheid met ʼn haelgeweer doodgeskiet het. Lees meer hier.

Moolman het vandag [Woensdag] in die Fochville-landdroshof verskyn. Die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer Moolman na verwagting gaan aansoek doen vir borgtog. Hy bly tot dan in aanhouding.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stoere Boer ·

En skielik is niemand i.v.m. die laaste skietery inhegtenis geneem nie. Was die polisie “toevallig” nie teenwoordig nie aangesien hulle weet “Hulle baklei oor en weer en hier is baie geweld en misdaad” of het hulle gedink alles is nou veilig want die “probleem” is mos nou toegesluit.

JAVR ·

Ek stem met jou saam Stoere Boer! Skielik is hulle nêrens in sig nie en dit terwyl hulle bewus is van die onwettige goed wat daar aangaan. Eintlik moet die eienaar van die plaas sommer aangekla word vir die moord ook want dis deur sy toedoen dat dit gebeur het. As ek sy buurman was het ek LANKAL met hom en sy huurders plan gemaak.

carl ·

ja die wiel draai stadig,vandat die lui boer begin boer het 6 jaar gelede met mense in sqatter pandokke op sy ma se plaas, het al die pragtige buur plase al hul waarde verloor en als wat kon is van die plase afgesteel. klagtes by fochville polisie en carletonville munsipaliteit val op dowe en betaalde ore om ander pad te kyk-die gedeelde inkomstes uit verhuuring en shebeens, cash for scrap,moolman se ander ongeriggestreede, belasting vrye winkel op dieselfde plaas ( geroof van bure plase),is te lekker,en maklike geld meer as genoeg om fochville polisie en carletonville munisipale hoofde om te koop.
dan is daar oos -drie myn.wat te dankbaar is vir moolman se onwettighede, dan hoef hulle nie ekstra huise te bou om hulle werkers en familie en vriende te behuis nie.

moolman en sy vrou verdien oor en oor al die ergste verdriet, wat hulle binnekort gaan inhaal.
ek hoop al sy korrupte polisie en munisipale vriende gaan ook ontbloot word en aan die pen gery word.
moolman mag jy sommer n lang bedroewige tyd in die tronk spandeer, om oor al jou kwaad na te dink. dit is net waar jy al lankal heen gestuur moes gewees het.

buur plaas

9

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.