Nóg ‘n skokvideo van ‘n aanval by ‘n skool

skoolvideoJongste: Intussen het dit aan die lig gekom dat die onderwysers staan en toekyk het hoe die leerling aangeval en vermoor word, maar niks gedoen het nie. Klik hier om meer te lees.

ʼn Video van ʼn voorval waarin ‘n 18-jarige skolier van KwaZulu-Natal aangerand en vermoor word, is op sosialemedia-kanale gelaai.

Die geskree van ander skoliere wat die aanval sien gebeur het, kan in die agtergrond gehoor word. Die seun lê uiteindelik bewegingloos op die grond en sy aanvallers beweeg uit die skerm.

“Die 18-jarige leerling het Maandag in ʼn plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Na bewering het twee groepe leerlinge Maandag tydens ʼn skoolvergadering by Sizimele High School begin baklei. Twee ander leerlinge is in die voorval beseer.

Vyf leerlinge is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Dannhauser-landdroshof verskyn. Een van die leerlinge het ʼn gevaarlike wapen by hom gehad.

Talle soortgelyke video’s doen tans die ronde. ‘n Video van tienermeisies by Hoërskool Overkruin in Pretoria, en ‘n video van ‘n onderwyser wat by Glenvista High aangeval is, is van die video’s wat versprei is.

Klik hier om die video te sien, maar sensitiewe kykers word gewaarsku dat die beeldmateriaal ontstellend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marie

Dit is so hartseer. En my hart en gebede gaan uit na die ouers. Maar as mens dink dit is mos maar die norm wat hulle sien. Strike as jy nie jou sin kry nie, brand bande en gooi voertuie met klippe, vat wat nie joune is nie want dit is apartheid se skuld? Maak mekaar dood…. Kill the boer! Sing saam……. Wat verwag die samelewing dan as dit is hoe ons kinders groot word?

Alwyn Beetge

En prof Jansen reken ek moet my kinders integreer met sulke leerders!

Jasper

Moormekaar Hoërskool ?

ursula

Ek weet nie wat is die siekste nie Die een kind wat genadeloos die ander kind aanval of die kind wat die voorval afneem en niks doen om te help nie!

A

Baie tragies, as on nie ons sin kry nie maak en breek en moor ons en dit is nmos die voorbeeld wat ons regering stel, die wat vir die anc stem wilm net maak en breek en alles onregeerbaar maak, tot kinders word betrek en dit is die gevolg daarvan, Hierdie regering sal moet wakker skrik en baie vinnig ook, daar is geen wet en orde meer in die land nie. Die mense wat ons moet beskerm is deesdae meer betrokke by misdaad en bedrog, Tronke het Hottele geword en is dit lankal nie meer n afskrikmiddel nie, Ja ons… Lees meer »