Nóg ‘n skokvideo van ‘n aanval by ‘n skool

skoolvideoJongste: Intussen het dit aan die lig gekom dat die onderwysers staan en toekyk het hoe die leerling aangeval en vermoor word, maar niks gedoen het nie. Klik hier om meer te lees.

ʼn Video van ʼn voorval waarin ‘n 18-jarige skolier van KwaZulu-Natal aangerand en vermoor word, is op sosialemedia-kanale gelaai.

Die geskree van ander skoliere wat die aanval sien gebeur het, kan in die agtergrond gehoor word. Die seun lê uiteindelik bewegingloos op die grond en sy aanvallers beweeg uit die skerm.

“Die 18-jarige leerling het Maandag in ʼn plaaslike kliniek aan sy beserings beswyk,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Na bewering het twee groepe leerlinge Maandag tydens ʼn skoolvergadering by Sizimele High School begin baklei. Twee ander leerlinge is in die voorval beseer.

Vyf leerlinge is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Dannhauser-landdroshof verskyn. Een van die leerlinge het ʼn gevaarlike wapen by hom gehad.

Talle soortgelyke video’s doen tans die ronde. ‘n Video van tienermeisies by Hoërskool Overkruin in Pretoria, en ‘n video van ‘n onderwyser wat by Glenvista High aangeval is, is van die video’s wat versprei is.

Klik hier om die video te sien, maar sensitiewe kykers word gewaarsku dat die beeldmateriaal ontstellend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marie ·

Dit is so hartseer. En my hart en gebede gaan uit na die ouers. Maar as mens dink dit is mos maar die norm wat hulle sien. Strike as jy nie jou sin kry nie, brand bande en gooi voertuie met klippe, vat wat nie joune is nie want dit is apartheid se skuld? Maak mekaar dood…. Kill the boer! Sing saam……. Wat verwag die samelewing dan as dit is hoe ons kinders groot word?

Natascha ·

Dis so waar en dit maak mens eintlik siek! Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie maar die kinders en kriminele het deesdae te veel ‘mense regte’ en daar is dus geen genoegsame straf wat enige een van hierdie twee partye in lyn met die gereg kan hou nie. My dogter het vir jare tuisskool onderrig ontvang en is onlangs terug na ‘n hoofstroom skool skaars daar of sy word die teiken van ‘n vieslike boelie en die skoolhoof raai aan dat albei maar gaan vir berading. Daar’s niks fout met my kind wat ‘n goeie drag slae nie kan reg maak nie man stuur die ander kind vir berading!

H J Bester ·

Marie, dis so jammer dat ons leefwêrelde verwyder is van ons mede landgenote, die Afrikane, oor sake soos benadering, maniere van dinge doen, werkwyses, dissipline, optredes, ens. en dan die werklikheid moet aanvaar dat ons ‘n land deel. Dis net geloof en vertroue wat dit moontlik maak en is dit juis dit wat ons krag gee om voort te gaan en die beste van elke omstandigheid te maak. Dit laat dink my veral aan die Israeliete wat hulle in Babel bevind het en toe via Jeremia opdrag van die Hoërhand ontvang het hoe hulle die omstandighede in Babele moet hanteer want hulle ballingskap sou nog 70 jaar duur. Ons moet dus baie geduldig wees en maar net voortgaan met ons daaglikse werk.

ursula ·

Ek weet nie wat is die siekste nie Die een kind wat genadeloos die ander kind aanval of die kind wat die voorval afneem en niks doen om te help nie!

A ·

Baie tragies, as on nie ons sin kry nie maak en breek en moor ons en dit is nmos die voorbeeld wat ons regering stel, die wat vir die anc stem wilm net maak en breek en alles onregeerbaar maak, tot kinders word betrek en dit is die gevolg daarvan, Hierdie regering sal moet wakker skrik en baie vinnig ook, daar is geen wet en orde meer in die land nie.
Die mense wat ons moet beskerm is deesdae meer betrokke by misdaad en bedrog, Tronke het Hottele geword en is dit lankal nie meer n afskrikmiddel nie, Ja ons land is in sy kanon, maak my bitter as ons president nie bevoeg is vir sy werk nie.
(gewysig)

Lynette Hugo ·

Liew Here, ek is stom geslaan, wat gaan aan in die laaste tyd, is die kinders vol dwelms, of is hulle net barbaars, mag die Here net die kinders bewaar wat nog skool toe moet gaan.

Hanlie ·

My seun van 9 jaar is self Dinsdagmiddag op die skoolgrond aangeval deur 2 hoerskool meisies (wat nie veronderstel was om op die Laerskool se grond te wees nie). Dit het na skool gebeur – nadat hy sport gedoen het. Die persoon wat by hom was het met hulle geraas waarop hulle aan haar gese het dat hulle sal maak wat hulle wil niemand se vir hulle wat hulle mag of nie mag doen nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.