Nog ʼn skoolkind doodgery

Foto: ER24

Nog ʼn skoolkind is Donderdagoggend doodgery nadat hy op pad skool toe ʼn deurpad wou oorsteek.

Volgens ER24 het die ongeluk op die Goue Hoofweg in Eldoradopark, Gauteng, gebeur.

“Die wil voorkom of die 11-jarige seun die besige pad wou oorsteek toe hy deur VW Jetta getref is. Nooddienswerkers het die seun se liggaam aan die kant van die pad aangetref. Hy het skoolklere aangehad. Die seun is op die toneel aan sy beserings dood.” Dit is nog nie bekend van watter skool die kind is nie.

Die ongeluk volg nadat ʼn tienerseun dood en sy vriend is ernstig beseer is nadat hulle Woensdagmiddag deur ʼn bakkie in Johannesburg omgery is.

Maroela Media het berig die seuns, albei in hul skooluniforms, wou ʼn pad in Bezuidenhout Valley oorsteek toe hulle omstreeks 15:30 deur ʼn Corsa-bakkie omgery is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Regulasie 323 (2) van die Nasionale Padverkeerswet:

No person shall be on a freeway on foot except within an area reserved for the stopping or parking of vehicles by an appropriate road traffic sign.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.