Nóg ‘n skoolskietery in Amerika

Argieffoto

Argieffoto

Plaaslike media in Amerika berig daar was Dinsdag nog ʼn skoolskietery by ʼn laerskool in Nieu-Meksiko in Amerika.

Die polisie in Roswell het bevestig ʼn verdagte is Dinsdag by Berrendo Middle School in hegtenis geneem. Dit is nog nie duidelik of enigiemand in die voorval beseer is nie.

Die skool is gesluit en ouers moet glo hul kinders by ʼn nabygeleë winkelsentrum oplaai.

Daar is nog nie verdere besonderhede beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.