Nog ʼn ‘smokkelaar’ by Beitbrug-grenspos aangekeer

Kort nadat die polisie ʼn 36-jarige man in hegtenis geneem het nadat hy glo kokaïne ter waarde van R18 miljoen oor die Beitbrug-grenspos probeer smokkel het, is nog ʼn vermeende smokkelaar daar aangekeer.

Kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, het Maandag gesê die 2,2 kg heroïen is Sondag by ‘n Tanzaniër gekry. Hy het die dwelms glo in ‘n vals kompartement in ʼn tas versteek. Die 38-jarige man het van Zimbabwe deur die grenspos gegaan. Die heroïen het ʼn geskatte straatwaarde van sowat R2,64 miljoen.

Maroela Media het Maandagoggend berig die kokaïne van R18 miljoen is oor die naweek tydens ʼn roetine-ondersoek in die 36-jarige man se besit gevind. Die polisie het rolle garingdraad in die man se bagasie gevind. Die rolle was uitsonderlik swaar en die polisie het ʼn snuffelhond ingebring. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.