Nog ʼn styging in petrolprys verwag

Motoriste kan hulself gereed maak vir nog ʼn styging in petrol- en dieselpryse aan die einde van die maand.

Paul Joubert, ʼn senior navorser by Solidariteit, het Vrydag gesê weens heelwat onsekerheid rondom wisselkoerse en ekonomiese toestande in die stadium is die syfers moeilik om te voorspel, maar ʼn styging kan wel verwag word.

Joubert sê in dié stadium kan 95-oktaan petrol met ongeveer 23c per liter styg. 93-oktaan petrol kan met ongeveer 21c per liter styg. Albei grade diesel (0,05% en 0,005% swawelinhoud) kan met ongeveer 44c per liter styg.

“Hierdie skattings kan nog verander namate die onderliggende faktore verander, maar dit is die stand van sake op die oomblik. Die finale veranderinge in brandstofpryse vir Oktober sal op 28 September aangekondig word, met die veranderinge wat op die eerste Woensdag van Oktober in werking sal tree,” het Joubert gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.