Nóg ‘n tender vir EducSolutions

Argieffoto

Die Gautengse onderwysdepartement het nog ‘n multi-miljoenrandse tender aan EducSolutions toegestaan om handboeke en ander leermateriaal in die provinsie af te lewer, berig die Sunday Independent.

Dié maatskappy is blameer dat hy in 2012 nie handboeke in Limpopo afgelewer het nie, en talle leerlinge sonder handboeke gelaat het. Die Sunday Independent berig verder dat EducSolutions ‘n gedeelte van die R155 miljoen, wat vir die aflewering van handboeke en ander materiaal aan 190 skole geoormerk is, in hul eie sak sal steek.

Volgens die koerant sal Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, volgende maand haar ondersoek oor die maatskappy afhandel.

Die Limpopo-kontrak, waarvoor EducSolutions meer as R404 miljoen tussen Desember 2010 en Maart ontvang het, is glo Junie verlede jaar beëindig ná ‘n reeks flaters.

“Hoe kom julle by die slotsom dat ons kontrak dieselfde is as Limpopo s’n?” het Charles Phahlane, woordvoerder vir die departement, gesê. Hy sê EducSolutions het die Gauteng-kontrak tussen April 2009 en Maart 2011 hanteer, en dit is weens goeie prestasie verleng.

Moosa Ntimba, hoof finansiële beampte van EducSolutions se beheermaatskappy African Access, het aan die Sunday Independent gesê dit was ‘n oop tender. “Ons glo dat die toekenning van dié tender ons standpunt, dat ons vaardig en mededingend is, gestand doen,” het hy gesê. Ntimba sê EducSolutions daag die beëindiging van sy kontrak in Limpopo deur regskanale, maar verwelkom “enige ondersoek deur ‘n vaardige staatsliggaam”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frik ·

Maklik gesê “enige ondersoek deur ‘n vaardige staatsliggaam” want dit bestaan nie, maar hoekom nie die uitdaging rig aan ‘n privaat ondersoekspan nie?

Sarie van Niekerk ·

Dit het baie dringend tyd geword dat daar ‘n deeglike ondersoek gedoen word na wie binne die onderwysdepartement finansiele voordeel trek uit EducSolutions. Wie is op die lys van direkteure van die maatskappy!!

H J Bester ·

Dis baie maklik Sarie – want die Tenderaar is EducSolutions wie se direkteure top amptenare van die ANC-regering is. Dis deel van die verrykingsproses waarin die elite van die ANC deel en sal nie verander nie. Suid-Afrika het nog baie bronne waaruit hierdie parasiete hulself verder kan verryk. Onderwys, ontwikkeling en opheffing van die armes speel by hulle nie ‘n groot rol nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.