Nog ʼn trokdrywer aangeval

‘n Vragmotor wat op 3 Oktober by Afrox in Epping aan die brand gesteek is.

ʼn Vragmotorbestuurder is Woensdag na die hospitaal gehaas nadat sy vragmotor met klippe bestook is naby die Jerusalem informele nedersetting in Boksburg, suid van Johannesburg.

EWN berig dat die bestuurder diep snye aan sy gesig opgedoen het nadat sy vragmotor deur ʼn groep mense aangeval is. Die vragmotor is onder begeleiding van die Ekurhuleni metropolisie na veiligheid gebring. Kobedi Mokheseng, woordvoerder van die metropolisie, sê die aanvallers het van die toneel gevlug. “Die bestuurder was steeds binne die vragmotor. Daar het bakstene langs hom gelê. Hy was deurmekaar en daar was baie bloed.” Nog ʼn vragmotorbestuurder is gister in Germiston aangerand terwyl ʼn ander vragmotor aan die brand gesteek is.

Maroela Media het gister berig dat ʼn vragmotorbestuurder is Dinsdagaand geskiet is terwyl hy in sy vragmotor op die N3-deurpad gery het. Hy is in ʼn ernstige toestand na die Hillcrest-hospitaal geneem. Intussen veg ʼn vragmotorbestuurder van Kaapstad om sy lewe nadat hy Maandagmiddag deur stakende vragmotorbestuurders aan die brand gesteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maryna ·

Ag nee man! Waar gaan dit stop??? Kan mens nie eers werk om geld te verdien om vir hulle huisgesinne te sorg nie. My man is ook n vragmotorbestuurder en ek het my self gese as hy iets moet oorkom sal die regering BETAAL… Kom aan mense julle verwoes julle eie lewe en die verhoging waarvoor julle staak gaan julle alles terug betaal op alle kosse en petrol en goed wat die hoogte gaan inskiet. Ek wonder wat gaan die LAND maak as GOD moet staak…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.