Nog ʼn verdagte soek na moord op Cowley

Foto: Facebook

Die polisie soek na nog ʼn verdagte nadat drie mans die naweek in hegtenis geneem is in verband met die moord op Olwyn Cowley (21), wat vermoedelik in ʼn lokval gelei, ontvoer en vermoor is nadat hy op die internet geadverteer het.

Die Burger berig dat drie verdagtes, onderskeidelik 25, 29 en 30 jaar oud, vandag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn op aanklagte van kaping, ontvoering en moord. Cowley se lyk is Vrydagoggend naby Monwabisi-strand gevind met twee skietwonde in die kop. Cowley het glo sy motor, ʼn BMW 325 ti, verlede maand op Gumtree vir R60 000 adverteer. Hy het Donderdagmiddag drie mans wat glo belanggestel het om die motor te koop by ʼn vulstasie ontmoet. Cowley is na bewering deur die mans ontvoer en vermoor. Sy BMW is later in Mitchells Plain gevind. Die drie verdagtes is glo lede van die Americans-bende. Die polisie soek intussen na ʼn vierde verdagte, wat glo die leier van die groep is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.