Nóg ʼn video van ʼn JHB-kaping

nog 'n kapingNóg ʼn skokvideo is op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn groep mans ʼn voertuig in Johannesburg se middestad kaap.

FASADAProtection het die video op 17 November op die sosiale netwerk YouTube gelaai en beweer die voorval het op 4 November plaasgevind. Hulle het gesê die slagoffers is van hul winkel in die middestad agtervolg en daar was toerusting in die voertuig wat beroof is. Die voertuig is later verlate aangetref.

Maroela Media het Sondag berig oor ʼn soortgelyke video op YouTube wat wys hoe ʼn bende mans ʼn motor kaap. Die video maak opslae. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg ·

Wys net hoe mak is hulle al helder oordag waar CV kameras is skrik hulle nie eers meer af nie.
Solank die regering nie gaan erken dat misdaad buite beheer is nie sal dit net vererger. Dan is ons grense ook nog oop om te kom en te gaan soos hulle wil.

Waterberg Stereo 104,9 fm ·

Ek dink nie dat ons Regerende Party het meer enige oplossings het vir die korupte krimmenele nie daarom doen hulle net wat hulle wil, Ek glo nie dat gewone mense meer veilig is in die stede nie ek wil mense aanraai om gladnie meer besigheid tedoen in die Stede nie en eerder na ander kleiner plekkies tegaan vir besigheid, Die Regering sal daadwerklik moet optree om te verseker dat mense wat die Stad besoek veilig is en hulle besigheid veilig kan doen.Maar ek wil se dat indien die Regering nie daadwerklik gaan begin om wet en orde te herstel nie kan ek nie eers sien hoe enige mense die Midde Stede gaan besoek nie en sal dit `n baie groot verlies vir besighede in hou.

Denise ·

Snaaks hoe altwee you tube videos dieselfde agtergrond klanke het. Die een ook n blou baadjie aanhet. Kan dit dalk wees dat hulle wil famous wees, of wil hulle n vrees in motoriste injaag. Dink ons Polisie moet hul agter ente lig en begin ondersoek instel. As die n siek grap is gaan iemand regtig seerkry.

Ek ·

Ons Polisie mag is a klomp ‘useless free loaders’. Ek as oud lid wou nou die dag aansluit as riserfis om te sien of ek nie kan help in ons ongewing nie maar was weg gewys. Blykbaar is ALLE poste gevries. Selfs as jy verniet wil help !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.