Nóg ‘n video van Overkruin-leerlinge wat baklei

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

ʼn Tweede video het aan die lig gekom van twee skoolmeisies van die Hoërskool Overkruin wat mekaar met die vuiste bydam, berig Beeld.

Volgens die berig wys die video hoe die twee meisies in hul skooluniforms in ʼn argument betrokke raak in ʼn parkie in Sinoville, Pretoria. Die een meisie slaan dan die ander meisie in die gesig voor hulle begin stoei terwyl hul vriende laggend toekyk. Die video is op Youtube gelaai maar is intussen verwyder. Hoërskool Overkruin was ʼn paar weke gelede in die soeklig nadat ʼn video van ʼn matriekleerling wat ʼn medeleerling aanrand op die internet versprei is. Die skool wou nie kommentaar lewer aan Beeld nie. Die departement van onderwys in Gauteng sê intussen hy sal die saak ondersoek. “Die departement sien dit in ʼn baie ernstige lig, veral omdat dit die tweede geval in so kort tyd is,” het Lesego Masemola, woordvoerder van die departement, aan Beeld gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
K Uys vd Westhuizen

Dis omdat die ouers nie die kinders mag neuk nie. Hulle het nie eens selfrespek nie wat nog vir ouer mense. Hulle moet net op die ou manier “gevoeter” word.

Marietjie

Ja, ek stem saam dat daar kinders is wie geen respek of dissipline het. Ander is regte boelies. Ek het nou nie na die video gekyk en weet glad nie wie betrokke is, maar ek weet ook dat my kinders goed grootgemaak is ook om nie te baklei, maar hul moes hulself verdedig om te kom oorleef. “They have to sort each other out”. Daar is vreeslike “clicks” in skole. En mens kry kinders wie nie hul man kan staan – baie jammer. Die stress in skole is erg.

leon

Marietjie, ek weet nie wat jy meen daar is kinders wat nie hulle man kan staan nie. Onthou net almal is nie barbare nie en dis waarop jy sinspeel. Party ouers het hulle kinders opgevoed. Jammer maar jy sit die pot mis.

Marietjie

Soos ek se – ek het nie video gekyk. My kinders is goed opgevoed, maar mies hul man staan teen “clicks” wie hul getreiter en selfs fisies aangerand het. Hul is nie barbare nie en het baie by die huis gekom en gehuil en my gevra “mamma maar jy het gese ons mag nie so optree nie,maar wat nou?”. Onderwysers gee ook nie altyd aandag nie en kinders word gespot en meer getreiter as hul kla. “Ek. Weet nie wie betrokke is by die video. Groete

Jasper

Ek het self al kinders groot gemaak en is ook al n trotse oupa. Elke ouer en oupa se kind en kleinkind is nou maar die beste wat daar nog geskape is. Maar iewers trek jy n lyn. As jy moeite doen om vir iemand wat jy lanklaas gesien het te gaan kuier en die gesekskap vlot net mooi, dan kom klein Jannie of Sannie ingestorm en sit n keel op as daar nie dadelik aandag gegee word nie. Jy sit nog en praat maar jou gehoor se aandag is net by Jannie om te troos. Die persoon of persone… Lees meer »