Nóg ‘n video van Overkruin-leerlinge wat baklei

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

ʼn Tweede video het aan die lig gekom van twee skoolmeisies van die Hoërskool Overkruin wat mekaar met die vuiste bydam, berig Beeld.

Volgens die berig wys die video hoe die twee meisies in hul skooluniforms in ʼn argument betrokke raak in ʼn parkie in Sinoville, Pretoria. Die een meisie slaan dan die ander meisie in die gesig voor hulle begin stoei terwyl hul vriende laggend toekyk. Die video is op Youtube gelaai maar is intussen verwyder. Hoërskool Overkruin was ʼn paar weke gelede in die soeklig nadat ʼn video van ʼn matriekleerling wat ʼn medeleerling aanrand op die internet versprei is. Die skool wou nie kommentaar lewer aan Beeld nie. Die departement van onderwys in Gauteng sê intussen hy sal die saak ondersoek. “Die departement sien dit in ʼn baie ernstige lig, veral omdat dit die tweede geval in so kort tyd is,” het Lesego Masemola, woordvoerder van die departement, aan Beeld gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

K Uys vd Westhuizen ·

Dis omdat die ouers nie die kinders mag neuk nie. Hulle het nie eens selfrespek nie wat nog vir ouer mense. Hulle moet net op die ou manier “gevoeter” word.

Marietjie ·

Ja, ek stem saam dat daar kinders is wie geen respek of dissipline het. Ander is regte boelies. Ek het nou nie na die video gekyk en weet glad nie wie betrokke is, maar ek weet ook dat my kinders goed grootgemaak is ook om nie te baklei, maar hul moes hulself verdedig om te kom oorleef. “They have to sort each other out”. Daar is vreeslike “clicks” in skole. En mens kry kinders wie nie hul man kan staan – baie jammer. Die stress in skole is erg.

leon ·

Marietjie, ek weet nie wat jy meen daar is kinders wat nie hulle man kan staan nie. Onthou net almal is nie barbare nie en dis waarop jy sinspeel. Party ouers het hulle kinders opgevoed. Jammer maar jy sit die pot mis.

Marietjie ·

Soos ek se – ek het nie video gekyk. My kinders is goed opgevoed, maar mies hul man staan teen “clicks” wie hul getreiter en selfs fisies aangerand het. Hul is nie barbare nie en het baie by die huis gekom en gehuil en my gevra “mamma maar jy het gese ons mag nie so optree nie,maar wat nou?”. Onderwysers gee ook nie altyd aandag nie en kinders word gespot en meer getreiter as hul kla. “Ek. Weet nie wie betrokke is by die video. Groete

Jasper ·

Ek het self al kinders groot gemaak en is ook al n trotse oupa. Elke ouer en oupa se kind en kleinkind is nou maar die beste wat daar nog geskape is. Maar iewers trek jy n lyn. As jy moeite doen om vir iemand wat jy lanklaas gesien het te gaan kuier en die gesekskap vlot net mooi, dan kom klein Jannie of Sannie ingestorm en sit n keel op as daar nie dadelik aandag gegee word nie. Jy sit nog en praat maar jou gehoor se aandag is net by Jannie om te troos. Die persoon of persone met wie jy gesels het gaan net voort asof jy nie bestaan nie en sal later sommer oor iets anders begin gesels.
Op skool word Jannie of Sannie in al wat aktiwiteit is in geboender en bewaar die afrigter of onderwyser as die kind nie n span haal nie, of pappie ontrek sy borg of bydraes wat hy gemaak het om die kind in die span te kry. Baie Jannies en Sannies presteer goed op sportvlak maar geestelik en emosioneel is hulle onervare omdat pa en ma altyd hul kastaaiings uit die vuur moes krap.
Boompies word nie meer gebuig terwyl hulle jonk is nie

Trippie ·

Middag Jasper – ek stem 100% saam met jou.

In die pas afgeloopde week het ek dit weer ondervind – toe ons kinders was, mog ons nie eers op die sitkamerbanke gesit het nie sou ons iemand besoek het. By moeder se voete en ek kan van nie een keer onthou wat ons selfs water gevra het alvorens die gasvrou drinkgoed of eetgoed aangebied het.

20 Jaar terug se kinders sit saam in grootmense se geselskap (die oumense het altyd gevra “wil jy tande tel” !

Lank reeds is die dae verby (my kinderjare) waar die seuns mekaar pouse of na skool by die fietsloots gekry het, ‘n vuishou gegee het, blad geskud en vrede herstel ! Die meisies het NOOIT handgemeen geraak nie – NOOIT ! In elkgeval nie in die skool waar ek ‘n leerling was nie.

Leer ouers dan nie meer hul dogters hoe om verfynd te wees nie.

Daan ·

Ag strooi! Ek het 76 matriek geskryf en die meisies het mekaar daardie tyd ook so dan en wan met die plathand bygekom.
Was jy miskien in ‘n klooster gewees?

Daan ·

Jy lewe blykbaar in ‘n droomwêreld. Ek het 76 matriek geskryf en die meisies het daardie tyd ook so nou en dan handgemeen geraak. Was jy miskien in ‘n klooster daar waar die nonne buitemuurse aktiwiteite beoefen het en dit was nie oor en weer geklappery nie?

Jasper ·

In ligter luim
Ou Trippie, self het ek nooit meisies sien baklei op skool nie. Maar hier in st 2 rond terwyl die onderwyseres uit was, was daar n gestry oor die waaier in die klas. Party kinders wou dit aan hê en party wil dit af hê en so gaan skakel n sekere meisiekind die ding af. Jasper is baie braaf en gaan skakel die ding weer aan, maar terwyl hy besig is, klap dieselfde maer meisiekind my van agter af dat ek op my g@t val onder groot applous.

Trippie ·

Liewe DAAN … waarom sou ek ‘n leuen wou vertel ? Ek het in 1978 matrikuleer en was inderdaad in ‘n Meisieskoshuis.

Ek hoef jou nie te oortuig nie, en ek self was ook nog nooit in selfs ‘n geklap betrokke nie. Daar was net nie sulke onderonsies in my skoolloopbaan nie.

Groete, T

Marietjie ·

Genade….ja KUys. Ek sien nou. Dit is presies waarvan ek praat. Die “clicks” die bende. Dit is die tipe wie ek van praat. They gang up on an individual. Attack them and cause fear and havoc in the life of the child with good norms and values. Ja, skors hul permanent.

leon ·

Marietjie, jys in die kol as jy se die onderwysers gee nie aandag nie. Gee hulle te veel aandag is dit seksuele teistering, slaan hulle is dit aanranding, raas met hulle is dit rassisme. As ek n onnie was was ek al lankal op vir tientalle moorde.

Theresa Buitendag ·

Hierdie tipe gedrag steek oral kop uit. Die rede?? Almal doen dit omdat hulle wil sien wie die meeste “hits” op Youtube kry. Dit is uiters swak van leerlinge om sulke barbaarse gedrag in hulle skool uniforms op te neem en aan die wereld te wys. Het hulle dan geen selfrespek nie?

Andri ·

Hierdie skool sal nie sommer my kind as leerder bykry nie! Alhoewel dit die kinders is, ‘n geval van ‘n vrot appel, bekommer dit my dat die hoof geen kommentaar wil lewer op enige van die gevalle nie. Neem verantwoordelikheid, straf die betrokke partye & gee jou mening! Om stil te bly sê vir my jy as hoof is bang om iets te sê. ‘n Goeie gerespekteerde leier is nie bang vir kritiek nie. Vir meisies om só te baklei skaam ek my voor. My dogters se alies sal brand vir 3 dae as hul durf hulself soos barbare te gedra! Geen mens verstaan hoekom hul dink hul optrede is aanvaarbaar nie?!

Justi ·

Wel, as ek n leerling in die skool of enige ander skool was…..en n ander leerling klap my half simpel sal ek beslis nie stilstaan nie. Ek het nog nooit op skool of na ure baklei nie. Was te fyn opgevoed. Maar glo my ek sou aan die wat so graag wil boelie en uitdeel n hengse paar klappe terug gegee het. As jy wil uitdeel moet jy leer om te ontvang ook.

Jasper ·

Nadat ek die video op FB gesien het is dit my eie privaat opinie (en niemand kan my voorskryf wat ek moet dink nie) dat die meisiekind wat die moeilik begin het, n boelie is (2 teen 1) en dat haar taalgebruik daarop dui dat sy die oudste beroep op aarde beoeffen. Daar is korter woorde daarvoor.
Modereer maar Maroela. Ten minste neem julle dan kennis.

leon ·

Jasper ek stem saam. Dis die beste opsomming ooit. Ek het dadelik dieselfde gedink toe ek die video sien. Daai 2 is van dieselfde soort.

Baby-J ·

Ek het in 2008 gematriekuleer, daar waar ek was, was ook baie sulke gevalle. Daar is altyd “die” groep wat moeilikheid soek en op die mense pik wat hulle weet nie sal baklei nie, dan sal hulle n stupid rede kry om n bakleiery te begin. Ek was self nog nooit in so fight nie, maar as jy nie wil deel wees saam die groepie nie en hulle sien jou as n “nurd” sal hulle enige iets doen. Soos bv, as hulle nie van jou hou nie sal hulle n lieg storie opmaak en se dat jy dit en dat van hulle gese het en nou gaan hulle jou regsien daaroor, maar eintlik het jy niks gedoen nie. Een ding is verseker, ek SAL my kinders leer om nie terug te staan nie, want dan spot die hele skool jou en hulle gan jou bly teiken omrede jy nie terug baklei nie, ek se nie dat hulle eerste n fight moet begin nie, maar as di ander party kan uitdeel kan hy ontvang ook! En dis nie dat ek dan my kids as n barbaar groot maak nie, ma kinders in skole kan jou kind se lewe verwoes deur sulke simpel goed, ek gan dit beslis nie toelaat nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.