Nóg ‘n vroeë blomseisoen in Japan

Kersiebome in Japan Foto: Kawazu

Die weeragentskap in Japan het Saterdag die amptelike begin van die kersieblomseisoen in Tokyo aangekondig.

Die nasionale weerdiens het die hoofstad se sentrale Yasukuni-tempel as ‘n barometer gebruik om die begin van die seisoen te bepaal. Die vorige rekord vir dié vroeë seisoen was 16 Maart 2002 volgens die agentskap wat die kersieblomseisoen reeds sedert 1953 monitor. Die kersieblomseisoen dui die aanvangs van lente aan en is ‘n geliefde natuurverskynsel in Japan. Partytjies en vieringe word landswyd gereël om die kort bloeitydperk van die veelkleurige blomme te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.