Nog ʼn zama se lyk gekry

Konstabel Vuyani Peter wys waar een van die lyke Saterdag gevind is. Foto: SAPD

Die liggaam van ʼn derde onwettige mynwerker is Maandag in ’n vlak graf langs die Sandrivier in Virginia in die Vrystaat gekry.

Ao. Malebo Khosana, sê Khethang Makheta (24) is in die kop geskiet. Die polisie is sedert Donderdag besig met ʼn grootskaalse soektog na lyke na ʼn ʼn groep zama-zamas, of onwettige mynwerkers, glo ʼn ander groep van vier onwettige mynwerkers langs die rivier vermoor het. Die eerste onwettige mynwerker se lyk is Donderdagmiddag met sy hande met kabels agter sy rug vasgebind in die rivier gevind. Hy het ʼn koeëlwond aan sy kop gehad. Die liggaam van Moshati Mahao (30) is Saterdag gevind. Hy het verskeie steekwonde aan sy kop gehad. Inwoners het die polisie in kennis gestel nadat hulle glo gesien het hoe vier mans na die rivier geneem is en hierna geweerskote gehoor het. Die polisie soek steeds na die vierde liggaam. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.