Nóg ‘n Zuma-skildery gesensor

Yakhal'inkomo - Black Man's Cry. Foto: Art South Africa/Facebook

Yakhal’inkomo – Black Man’s Cry. Foto: Art South Africa/Facebook

ʼn Skildery wat president Jacob Zuma en die bloedbad by Marikana uitbeeld is van die FNB Joburg Kunsfees 2013 verwyder, berig City Press.

Die skildery is glo is verwyder uit vrees dat dit “borge en belangrike mense sal aanstoot gee.” Die werk deur die kunstenaar Ayanda Mabulu is getiteld Yakhal’inkomo – Black Man’s Cry. Mabulu sê hy het Donderdag ʼn oproep van sy galery, Commune1, ontvang waarin hy meegedeel is dat sy werk nie by die fees vertoon sal word nie. Die werk wys ʼn knielende mynwerker met horings op sy kop – ʼn metafoor vir ʼn sterwende bul. Zuma staan agter die mynwerker met ʼn hond aan ʼn leiband. Die hond, wat die polisie simboliseer, val die mynwerker aan. Zuma staan met sy voet op ʼn ander mynwerker se kop. Brittanje se koninging Elizabeth II en prins Charles kyk toe en lag oor die toneel wat voor hul afspeel. Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), word ook in die werk uitgebeeld en lyk geskok deur wat hy sien. ʼn Stiervegter lok die mynwerkers na sy swaard met ʼn Suid-Afrikaanse vlag in plaas van die gebruiklike rooi doek.

Ayanda het in 2010 vir omstredenheid gesorg met sy werk Better Poor than a Rich Puppet wat Zuma se ontblote geslagsdeel uitbeeld. Die kunstenaat Brett Murray se werk The Spear is verlede jaar uit die Goodman-galery in Johannesburg verwyder. Zuma se ontblote geslagsdeel word ook in die skildery uitgebeeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erich Goosen ·

Verfrissend om te hoor dat die Prez nie weer vir ‘n naakstudie geposeer het nie.

E Roos ·

Dis so jammer want dis nogal goed uitgebeeld maar ek dink die ding is hulle verstaan nie die storie agter die karakters of waarvoor elke karakter staan en wat dit beteken nie dis my gevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.