Nóg nat en koue weer verwag

Swaar reënval en baie koue weer word vandag oor sekere dele van die land verwag.

Swaar reënval word oor die noordelike dele van KwaZulu-Natal en Mpumalanga sowel as die sentrale en suidoostelike dele van Limpopo verwag. Baie koue toestande word oor dele van die oos Vrystaat en hoërliggende dele van KwaZulu-Natal verwag. In Gauteng sal dit bewolk en koud wees met verspreide donderbuie. In KwaZulu-Natal sal dit koud wees met wydverspreide donderbuie wat verwag word. In Limpopo en Noordwes sal dit bewolk en koel wees met verspreide donderbuie. In die Vrystaat sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees en koud met verspreide donderbuie in die ooste van die provinsie. In die Noord-Kaap sal dit koel wees maar warm in die noorde van die provinsie. In die Wes-Kaap sal dit warm wees terwyl dit gedeeltelik bewolk en koel sal wees in die Oos-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.