Nóg SAUK-raadslede bedank

President Jacob Zuma het nog ses bedankingsbriewe van SAUK-raadslede ontvang. Dit volg skaars ʼn week na die gesamentlike bedankingsbrief van die voorsitter van die SAUK-raad, Ben Ngubane, en sy adjunk, Thami ka Plaatjie.

Die presidensie het Maandag gesê die president het die bedankings van Lumko Mtimde, John Danana, Cedric Gina, Desmond Golding, adv. Cawe Mahlati en Noluthando Gosa ontvang en goedgekeur. Daar is nou slegs drie persone op die raad oor.

Die president het die personeel bedank vir hul bydrae terwyl hulle op die raad gedien het. Zuma het Dina Pule, die minister van kommunikasie, opdrag gegee om die vakante poste in die raad te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LOUIS JORDAAN ·

Met seker belaglike pakket,so as of hulle nou al n 30jaar of langer aan daai pensioen behoort het.

H J Bester ·

Of dit die SAUK-raad is of SAA-direksie of watter semi-regerings-instansie ookal, almal moet dans na die pype van Luthuli-huis want almal moet ‘n spreekbuis wees of die beeld van die ANC uitdra. Die ANC beheer en kontroleer alles uit Luthuli-huis – tipies sosialisties/marxisties.

Nie juis te verbaas oor die bedanking van die raadslede nie want hulle het geen selfstandige inspraak in die SAUK nie – alles op voorskrif van die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.