Nóg slegte nuus vir motoriste

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag ʼn petrolprysverhoging vir Maartmaand aangekondig.

Die prys van alle grade petrol styg Woensdag met 36 sent per liter. Diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% styg met 27 sent per liter en 0.005% styg met 28 sent per liter.

“Die verhoging word toegeskryf aan ʼn verhoging in die ru-oliepryse, internasionale petroleumpryse, die rand/dollar-wisselkoers en die leiheffing,” het die departement gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.