Nóg slegte nuus wag op motoriste

Petrolprys

Argieffoto

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) het Donderdag gesê motoriste kan volgende maand ʼn groot styging in die petrol te wagte wees.

“Data van die sentrale energiefonds voorspel tans ʼn toename in die prys van petrol vir Februarie,” het Graeme Scala, woordvoerder vir die AA, gesê.

Petrolpryse kan tussen 28 en 32 sent per liter styg, 15 sent per liter vir diesel en 9 sent per liter vir paraffien.

Scala sê die rand het ook intussen verswak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ivan ·

Is dit n voldwonge feit dat alleTaxi’s n’ brandstof subsidie kry, of is dit net die wat bussies van die regering gekry het ,of is dit net n opgemaakte storie.?

GerhardV ·

Weet nie, Ivan, maar gesien teen die agtergrond dat taxis en busse vrygestel is van e-toll op die Gautengse hoofweë, kan jou vraag water hou.

Henk Venter ·

Ons is besig om Zuma en sy kaders en die anc se verkiesingsveldtog te subsidieer!

Rieks ·

Zuma het soveel geld gespandeer om sy woning te beveilig. Daardie geld kon baie goed gebruik gewees het vir die e-tol skuld terug betaling en vir die subsidie van petrol en olie. Nou sit ons elke maand met stygende brandstof pryse. Ek wonder hoeveel ander bedrae ons bymekaar kan tel om te sien hoe die SA leier party ons mense net dieper en dieper in die skuld in druk!

anita ·

So juis van my familie in Nederland verneem….hulle brandstof prys is na benede.! Die rand se waarde is geen goeie betaal middel nie.! Wie kan ons die antwoord verskaf? waarom die E-Toll se inkomste
na Oostenryk moet gaan? dit behoort in hierdie land belê te word, ondanks die vrystellings aan heel moontlike organisasies verbandhoudend met die ANC …bly die vraag ?Wie in ons land is aandeel houers in die projek? waar word hulle deel in betaal ?…hier of in ‘n buitelandse rekening.? en indien
daar aandeel houers hier in SA is …maak die name bekend..en ! betaal hulle belasting op die deel, of? word dit net in ‘n buitelandse belasting vrye rekening vanuit Oostenryk in betaal?
Hierdie e-tol het baie vrae, en druk die gewone verbruiker vogloos!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.