Nog sneeu en koue verwag

Sneeu in Heilbron. Foto: Tina Morton

Sneeu en koue weerstoestande word steeds vandag oor dele van die land verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê baie koue toestande word oor die suidoostelike dele van die Noord-Kaap, die Oos-Kaap, die westelike dele van KwaZulu-Natal, die suidelike dele van Mpumalanga en die suidelike hoëveld van Gauteng verwag. Hewige reënval word verwag aan die Wildekus en aangrensende binneland van die Oos-Kaap en suidelike dele van KwaZulu-Natal. Sneeu word verwag in die Oos-Kaap, oostelike dele van die Vrystaat, westelike dele van KwaZulu-Natal en die suidelike hoëveld van Mpumalanga.

In Gauteng sal dit bewolk en koud wees in die suidelike binneland. In Mpumalanga sal dit gedeeltelik bewolk en koud wees en baie koud in suidelike hoëveld waar sneeu verwag word. In Limpopo sal dit gedeeltelik bewolk en koud wees asook in Noordwes. In die Vrystaat sal dit gedeeltelik bewolk en baie koud wees met verspreide donderbuie oor die sentrale en oostelike dele terwyl sneeu verwag word in die ooste van die provinsie. In die Noord-Kaap sal dit baie koud wees in die suidelike dele. In die Wes-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en koud wees met ligte reënval wat aan die suidkus verwag word. In die Oos-Kaap sal dit baie koud wees met sneeu wat op die berge verwag word. In KwaZulu-Natal sal dit baie koud wees met verspreide donderbuie wat in die suide verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.