Nóg taxigeweld in JHB

Argieffoto

Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n taxibestuurder in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet het.

“Die man het by Somhlolo Taxistaanplek langs sy minibustaxi gestaan toe hy verskeie kere geskiet is,” het kaptein Pinky Tsinyane gesê. “Na die voorval het die verdagte in ‘n wit Toyota Conquest gevlug.”

Tsinyane sê die gemeenskap het die patrolliepolisie ontbied wat die mans op die N3 agternagesit en toe aangekeer het. Die verdagtes is onderskeidelik 22 en 33 jaar oud.

Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem. Die ander man het uit die motor gespring en begin weghardloop, maar die polisie het hom later in Pulong uitbreiding 6 aangekeer. Die polisie het op ‘n 9 mm-pistool beslag gelê wat hulle in die motor opgespoor het.

Die mans sal binnekort in die landdroshof in Vosloorus verskyn op aanklag van moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Drie mense is dood en sewe beseer na ‘n skietvoorval by ‘n taxistaanplek naby Wanderers in Johannesburg. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.