Nóg toetse vir Madiba

Oud-president Nelson Mandela

Dokters sal Maandag verdere toetse op oud-president Nelson Mandela uitvoer.

“President Nelson Mandela het ʼn goeie nagrus agter die rug,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê. “Hy is in goeie hande.”

Mandela (94) is Saterdag in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem vir “mediese sorg”. Maharaj het bevestig dit is roetine-ondersoeke wat Mandela moet ondergaan weens sy hoë ouderdom. President Jacob Zuma het Mandela Sondag by die 1 Militêre Hospitaal besoek.

Maandag is ʼn spesiale dag vir Mandela. Hy het die Nobelprys vir Vrede op 10 Desember 1993 ontvang.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Mandela Maandag besoek. Sy het aan Associated Press gesê dit gaan “baie, baie goed” met hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.