Nog twee babas dood gevind, derde kritiek

Argieffoto

Argieffoto

Skaars dae nadat die twee niggies, Yonelisa Mali (2) en Zandile Mali (3), dood in ’n buite-toilet in Diepsloot aangetref is, is nog ’n baba vandag in ’n plastieksak in ’n stroom in dieselfde area gevind. Die baba se ouderdom is nog onbekend.

In ’n onverwante geval is twee pasgebore babas, vermoedelik ’n tweeling, vanoggend verlate in ’n mandjie in ’n veld in Nooitgedacht, Muldersdrift gevind. Teen die tyd dat ’n patrolliewa die mandjie opgemerk het, was een van die babas reeds dood. Die tweede baba is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Hoe siek!!! Watter tipe mens maak ‘n babatjie dood? Hul sê mos elke hond kry sy dag. En ‘n brak kry twee…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.