Nóg twee kleuters in Gauteng vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Twee kleuters is Woensdagoggend in ʼn oop veld in Gauteng dood aangetref skaars ʼn dag nadat twee kleuters in dieselfde provinsie se liggame in ʼn toilethokkie gevind is. ʼn Babaseuntjie se lyk is ook Dinsdagoggend in ʼn asblik in Pretoria in Gauteng opgespoor.

Die kleuters, onderskeidelik een en drie jaar oud, se lykies en hulle siek ma, is deur ʼn voetganger in Zonkezizwe, Katlehong oos van Johannesburg, aangetref. Hulle ma is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling, berig SAFM

Die ma beweer dat haar man hulle in die veld afgelaai het op pad terug van Emalahleni (Witbank) af en dat sy nie geweet het waar hulle is nie. Hy het vir hulle ʼn bottel koeldrank gelos om te drink.

Die ma het gesê hulle het Dinsdagaand in ʼn verlate bouval geslaap. Hulle het ook Dinsdagaand die koeldrank gedrink.

Lt.kol. Lungelo Dlamini het gesê die polisie is op soek na die pa. Die polisie vermoed die kinders is dood weens vergiftiging.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die kleuters se dood te bepaal,” het Dlamini gesê.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, is ontstoke nadat die liggame van twee kleuters, onderskeidelik twee en drie jaar oud, Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in die gebied opgespoor is. Drie mans word tans in verband met hul moorde en vermeende verkragting ondervra. Die polisie is nog op soek na een verdagte.

Intussen is die liggaam van ʼn babaseuntjie Dinsdag in Sinoville, in die noorde van Pretoria, in ʼn asblik gevind. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Ons sal hierdie plek moet begin skoonmaak.
Dit stink vrot, geen mens sal dit kan hou nie !!

elna de beer ·

Ons lewe in n baie siek gemeenskap waar ons ons kinders en oumense vermoor! Oumense en kinders se Welsyn is een en elkeen in die land se verantwoordelikheid. Kom in hou elke een ons oe oop, en help waar ons kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.