Nóg twee mynwerkers sterf by Harmony-myne

mynNóg twee mynwerkers van Harmony Gold is dood in twee afsonderlike ongelukke by die maatskappy se Kusasalethu-myn in Noordwes en Joel-myn in die Vrystaat.

“Die ongeluk by Kusasalethu het plaasgevind toe die myner deur mynslyk oorval is nadat ʼn houer gebreek het,” het James Duncan, ʼn woordvoerder van Harmony, Vrydag gesê.

“By die Joel-myn is ʼn mynwerker dood in ʼn skietwerkongeluk.”

Albei voorvalle het Donderdagmiddag plaasgevind. Die ongelukke volg skaars ʼn paar ure nadat die liggame van agt vermiste mynwerkers van Harmony se Doornkop-goudmyn, wes van Johannesburg, opgespoor is nadat ʼn brand Dinsdagmiddag ondergrond uitgebreek het.

Die brand het glo ná ‘n seismiese gebeurtenis uitgebreek, wat daartoe gelei het dat grond geval het en elektriese kabels beskadig is. Een werker word steeds vermis.

Duncan het gesê dat werkers van die hele groep is sedert Donderdagaand op veiligheidskofte geplaas is.

Lees ook: 
Twee sterf in ondergrondse ontploffing by Harmony-myn
Agt mynwerkers gered ná brand by Harmony-goudmyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.