Nóg twee renosters gestroop, kalfie oorleef

Foto: www.rhinoconservation.rog

Twee renosters is Donderdag doodgeskiet en ʼn derde een gewond in twee aparte gevalle van stropery in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Ronel Otto, sê renosterkoei en haar kalf is in Hoedspruit geskiet terwyl ʼn swartrenosterbul is in Musina doodgeskiet vir sy horing. Otto sê die koei en haar kalf is vroeg Donderdagoggend op ʼn private wildsplaas naby Hoedspruit geskiet. Die koei is dood en sonder haar horing gevind terwyl die kalf oorleef het. Die karkas van ʼn swartrenosterbul is intussen laat Woensdagaand op ʼn private wildsplaas in Musina gevind. Sy horing was verwyder. SANparke het vroeër die week bekendgemaak dat 405 renosters reeds vanjaar vir hulle horings doodgemaak is. Die Nasionale Krugerwildtuin het ook aangekondig dat hy nie langer by toegangsborde ʼn aanduiding sal gee oor waar renosters hulle in die wildtuin bevind nie. 229 renosters is al vanjaar in die wildtuin gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.