Nóg twee SAL-bestuurslede bedank

Nog twee bestuurders van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Maandag hul bedankings ingedien.

Theunis Potgieter, algemene handelsbestuurder, en Sandra Coetzee, hoof van regs- en risiko, het bedank net nadat Siza Mzimela, hoof uitvoerende beampte, haar bedanking Maandag ingedien het, berig EWN. Cheryl Carolus, voorsitter, het verlede week saam met ses raadslede, haar bedanking aangekondig. Mzimela sê haar bedanking was weldeurdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.