Nóg twee sterf in trokongeluk

Argieffoto: Netcare911

Argieffoto: Netcare911

Twee mense is dood en twee het kritieke beserings opgedoen nadat die swaarvoertuig waarin hulle gery het Sondagaand in Pretoria naby die Fonteine-sirkel omgeslaan het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het omstreeks 20:15 plaasgevind. “Volgens ʼn ooggetuie het die swaarvoertuig deur die Fonteine-sirkel gejaag voordat dit by ʼn steilte afgestort het,” het Botha gesê.

Twee van die vier insittendes is op slag dood. Die ander twee mans moes uit die swaarvoertuig se kajuit gesny word voor hulle in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willy ·

Ek het nie geweet daar is plek vir vier insittendes in ‘n vragmotor se kajuit.

JAVR ·

Nee daar is nie plek vir 4 nie en dis dieselfde storie as Pinetown trok. Gejaag soos ‘n besetene want hulle is mos groot en het mos nie hef in die hand! Daar is darem nou 2 gevare uit die weg geruim en hopelik kom die drywer ook nie uit nie! Julle weet wat “dryf”.

Paul ·

Elke opmerking wat ek hier lees is in julle harte met vuur uit die hel aan die brand gesteek. Nie een van julle was daar om te sien wat daar gebeur het nie, maar julle braak gal, as enigeen van julle in die hof oor hierdie gebeure moet gaan getuig sal die regter julle uitlag. Kry asseblief julle saak met God in orde en hou op om self God te speel.

vuurvreter ·

Nee Paul hulle het ons harte aan die brand gesteek met hulle steel,moor,verkrag,roof,hijacking ens. So jy kan nie eers dink wat die mense deurgaan nie. So as jy hulle kant kies is dit seker joou reg. Maar moenie God se naan inbring vir hierdie vuilgoed nie asb.

Jenny ·

Paul, ons is reg om hierdie dinge te haat volgens die Bybel, God haat dit as ons ongehoorsaam is. As hy te vinnig gery het was hy wets ongehoorsaam, as die trok se remme gefaal het dan was die voertuig nie padvaardig nie, hy was wets ongehoorsaam. Ek ry baie op die pad en somtyds word ek yskoud wanneer van hierdie trokke op die pad ry. Ek het nou so 2 weke ‘n baie amperse trok bo-oor my gehad, as ek so 10km per uur vinniger gery het om vinniger oor die robot te kom sou ek onder ‘n trok beland het wat op ‘n besige pad met dubbelweg oor ‘n rooi robot gejaag het. Hierdie trokkebestuurders moet kortgevat word, en trokke moet behoorlik getoets word elke keer wanneer hy aangeskakel word om te ry, jy kan mos gou sien die remme kan dalk probleme gee en dan eers dit regmaak. Hulle moet vir die trokbestuurders sommer ‘n dubbele K53 instel wat gedoen moet word elke keer voor hulle op ‘n openbare pad gaan ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.