
Bruno Bronn se liggaam word Dinsdagoggend uit sy huis in Groenpunt verwyder. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA
ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê ʼn 35-jarige man is omstreeks 22:00 Saterdagaand in Albow Gardens in hegtenis geneem in verband met die moord op Bruno Bronn (49). Filander sê die polisie het ook Bronn se gesteelde BMW by ʼn kompleks in Milnerton gevind. ʼn Vierde verdagte (35) is omstreeks 10:30 Sondagoggend in Goodwood in hegtenis geneem. Frederick Coetzee (36) is omstreeks 10:15 Saterdagoggend in Bo-Kaap in hegtenis geneem terwyl ʼn 29-jarige verdagte in hegtenis geneem is na hy deur die polisie ondervra is. Die vier verdagtes sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van moord. Bronn is Dinsdagoggend dood gevind in sy huis in Groenpunt. Hy het op sy rug gelê en sy hande is voor hom vasgemaak. Hy het merke op sy nek gehad.