Nóg twee vas na moord op Jhb-polisiehoof

Genl.maj. Tirhani Maswanganyi

Die polisie het Sondag bekend gemaak dat nog twee verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die moord op genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51), Johannesburgse polisiehoof.

Volgens die polisie sal die verdagtes vandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn. Die Saturday Star het vroeër berig dat die twee ander verdagtes verlede week in hegtenis geneem is en Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn het. Maswanganyi se lyk is verlede Dinsdag in ʼn veld naby Hammanskraal, noord van Pretoria, gevind. Sy hande en voete was vasgebind. Maswanganyi se bakkie is langs die R101 gevind. Die nadoodse ondersoek is intussen afgehandel maar die uitslag daarvan sal eers tydens die moordverhoor bekend gemaak word. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het intussen Donderdag tydens Maswanganyi se begrafnis beloof om alles moontlik te doen om uit te vind wat gelei het tot die “lafhartige” moord. Die polisie het vroeër ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir enige inligting oor die moord op Maswanganyi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johan storbeck ·

ek volg hierdie moord al ‘n wyle, u kan sien hierdie was ‘n man met integriteit en dit is waarom hy vermoor is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.