Nog twee vas oor polisiebevelvoerder se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Elliotdale, Oos-Kaap, verskyn in verband met die moord op hul stasiebevelvoerder.

“ʼn 41-jarige adjudant-offisier en 37-jarige vroulike konstabel, altwee van Elliotdale-polisiestasie, sal op aanklag van moord verskyn,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die twee is op 31 Desember in hegtenis geneem. Twee mans het op dieselfde dag in die Elliotdale-landdroshof verskyn op dieselfde aanklag.

Sipho Simon Makhabeni (46) en Siyamcela Ntshitshi (33) sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 7 Januarie.

Lt.kol. Nomalizo Dukumbane (53) is van agter geskiet toe sy op 17 Desember omstreeks 19:40 van die werk af by die huis aangekom het. Sy is op die toneel dood verklaar. Dukumbane het langer as 30 jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien.

Lees ook:
Polisiebeampte by haar huis doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.