Nóg vyf onwettige myners dood gevind

crime sceneDie liggame van nóg vyf onwettige myners is Woensdag naby ʼn mynskag in Roodepoort aangetref.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het Donderdag gesê dié vyf mans se liggame is ook deur ander onwettige mynwerkers na die oppervlak gebring. Vyf mynwerkers se liggame is Dinsdag ook naby ʼn mynskag in Roodepoort aangetref.

“Dit wil voorkom of hulle al ʼn paar dae gelede gesterf het, want hulle liggame het reeds begin ontbind,” het Mulaudzi gesê.

Die liggaam van nóg ʼn onwettige mynwerker is Sondag ook in Roodepoort gevind.

Mulaudzi het gesê die nooddienste het probeer om oor die naweek spanne in die skag in te stuur, maar hulle moes onttrek weens die gevaarlike omstandighede.

Altesaam 25 onwettige mynwerkers is verlede week uit ʼn verlate mynskag in Benoni aan die Oos-Rand gered. Die liggame van nóg twee onwettige werkers is ook in ʼn ander mynskag in Benoni aangetref, skaars 2km vanwaar die 25 mense gered is. – SAPA

Lees ook:
Vyf onwettige myners se liggame gevind
Twee onwettige mynwerkers sterf ná rots glo op hulle val
Onwettige mynwerkers gaan aangekla word
Talle onwettige mynwerkers gered
Onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.