‘n Non van die Italiaanse stad, Rieti, is vroeër dié week inderhaas hospitaal toe geneem na sy van erge buikpyn gekla het.
By die hospitaal het sy “onverwags” die lewe geskenk aan ‘n gesonde sentjie, wat sy Fransiscus – die naam van die huidige pous – genoem het. Die 31-jarige ma, wat oorspronklik uit El Salvador gekom het, het gesê sy het geen benul gehad dat sy swanger was nie.
Volgens ‘n plaaslike priester beoog die non om self na haar kind om te sien.
Die nuus het Vrydag soos ‘n veldbrand deur die media van lande met groot Rooms-Katolieke bevolkings versprei, sodat die burgemeester van Rieti ‘n beroep op die media gedoen het om die ma en kind se privaatheid te respekteer.
Ook maar mens ook maar lus.
Ook maar mens.
Dis nie die einde van die wêreld nie maar die begin van ‘n lewe. Ek wens hulle die beste toe.
Laas toe dit gebeur het, het daar ‘n ster in die ooste verskyn.
Sy sus seker die kleintjie met randle randle your daddy is a candle aan die slap.
Sy sis seker die kleintjie met randle randle your daddy is a candle aan die slaap.
Lekker lag ek nou… dankie