Nooddienste neem aksie na nog ʼn brand

Die Gautengse nooddienste gaan Maandag ‘n brandvoorkomingsveldtog van stapel stuur om mense in veral informele nedersettings bewus te maak van die gevare van kerse en paraffienstofies.

Robert Mulaudzi, ‘n woordvoerder van die nooddienste, het gesê die veldtog volg ná ʼn paartjie Sateradaand in hul plakkershut in Benoni aan die Oosrand doodgebrand het. Brandbestryders en reddingswerkers het hul bes probeer om die brand te blus, maar kon nie die twee mense in die plakkershut red nie. Die man en vrou was in die huis vasgekeer en het beide in die brand omgekom.

Daar sal begin word met die veldtog in Diepsloot, naby Johannesburg. Ander gebiede is Denver, Alexandra en Kliptown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.