Nooddienswerker sterf op pad na noodgeval

ʼn Nooddienswerker is Maandag dood toe hy en ʼn kollega onderweg was na ʼn noodgeval.

“Buntu Nokhosi en Clifford Ntsoko, paramedici van ER24, was onderweg na ʼn toneel toe die reddingsvoertuig waarin hulle gery het met ʼn ander voertuig op die R555-pad naby die N12 in Ogies, Mpumalanga, gebots het,” het Andrew Boden, hoofuitvoerende beampte van ER24, gesê.

Nokhosi is kritiek beseer tydens die ongeluk en ten spyte van pogings om sy lewe te red, het hy later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Ntsoko is ernstig beseer en is tans in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die Witbank-hospitaal. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

“Ons diepste meegevoel gaan aan Nokhosi se familie en kollegas. Ons wens Ntsoko ʼn spoedige herstel toe,” het Boden gesê.

Nokhosi werk sedert 2009 vir ER24 en word deur sy gesin, verloofde en kind oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.