Noodlottige ongelukke bring hoofweg tot stilstand

Netcare911 se helikopter onderweg na die Unitas-hospitaal. Foto: Netcare911

Twee noodlottige ongelukke het die besige N1-deurpad naby Midrand, Gauteng, Maandagoggend tot stilstand gebring.

Volgens superintendent Edna Mamonyane, ʼn polisiewoordvoerder, het twee afsonderlike ongelukke, omstreeks 04:30, minute uit mekaar, plaasgevind. “Daar was ʼn ongeluk in die noordelike rigting van die deurpad naby Midrand, en kort daarna ʼn ongeluk in die suidelike rigting,” het sy gesê. “Ons is nog nie seker hoeveel mense dood is nie, maar ons weet mense het in albei ongelukke gesterf.”

Volgens Netcare911 is twee mense reeds dood verklaar. Die New Road-afrit en verskeie bane in beide rigtings van die deurpad is vir verkeer gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.