Noodlottige vliegongelukke neem toe

Argieffoto

Argieffoto

Die aantal aangemelde noodlottige vliegtuigongelukke in Suid-Afrika het in die 2012/’13-finansiële jaar tot 20 gestyg in vergelyking met die 15 in die vorige finansiële jaar, volgens die Burgerlugvaartowerheid (BLO).

Volgens die BLO se jaarlikse verslag vir die 2012/’13-finansiële jaar wat Vrydag in die parlement ter tafel gelê is, is daar egter geen rede tot kommer nie. Volgens die verslag was daar 16 noodlottige vliegtuigongelukke in die 2010/’11-finansiële jaar. Tussen 1 April 2012 en 31 Maart 2013 is 31 mense in vliegtuigongelukke dood in vergelyking met die 33 mense in die vorige finansiële jaar. Volgens die verslag was daar 130 vliegtuigongelukke in die 2012/’13-finansiële jaar. “107 vliegtuigongelukke is in die vorige finansiële jaar aangemeld.” Volgens die verslag is enjinprobleme, verloor van beheer en meganiese foute die hoofredes vir vliegtuigongelukke. “Die weer het ook ʼn groot rol gespeel in van die ongelukke en voorvalle wat aangemeld is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

wragtig ·

Vas vat. Jy weet mos wie diens die vliegtuie. Voor 1994 as daar n ligte vliegtuig geval het was dit groot nuus. Nou is dit ou nuus.

louis ·

Volgens BLO het die weer ‘n groot rol gespeel in van die vliegongelukke. Dit laat dan die vraag of weerinligting bv druklesings, temperature wolke ens lesings moontlik foutief kan wees. Druk (QNH) lesings speel n belangrike rol in lugvaartveiligheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.