Die departement van omgewingsake het ‘n noodreaksieplan in werking gestel vir die vragskip, die Smart, wat Maandag by Richardsbaai in KwaZulu-Natal gestrand het en weens rowwe seetoestande geknak het.
Die vragskip het byna 150 000 ton steenkool vervoer. Dit het Maandag omstreeks 15:00 in rowwe seetoestande naby Alkantstrand gestrand nadat dit vermoedelik enjinprobleme ondervind het en op ʼn sandbank beland het.
Die departement sê ‘n span wat uit omgewings- en rampbeheerbeamptes bestaan, is opdrag gegee om die kuslyn teen enige besoedeling van die vaartuig te beskerm.
Die onmiddellike prioriteit is die Mhlathuze-toevlugsoord wat ‘n broeigebied vir belangrike visspesies is, en dit verskaf ook ‘n tuiste aan meer as 20 000 voëlsoorte.
Lees ook:
Foto’s: Gestrande skip erg beskadig
24 gered na nóg ‘n skip strand