Noodtoestand in Egipte aangekondig

Een betoger bedek ‘n ander se liggaam. Hy is in die bolyf geskiet. Foto: @RichardEngel op Twitter

Egipte het ‘n noodtoestand aangekondig nadat ten minste 95 Egiptenare Woensdag gedood is toe sekuriteitsmagte op betogers toegeslaan het wat op die herinstelling van pres. Mohamed Mursi aangedring het.

Soldate het op betogers losgebrand wat chaos in die hoofstad veroorsaak het en gepoog het om die land se nagenoeg 84 miljoen inwoners verder te polariseer tussen diegene wat Mursi ondersteun en miljoene wat sy kortstondige heerskappy teengestaan het.

Die noodtoestand wat Woensdag om 16:00 plaaslike tyd ‘n aanvangs geneem het, sal ‘n maand lank duur.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Hoe kan enige iemand seg hoe lank ‘n noodtoestand sal duur? Is dit moontlik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.