Noord-Kaapse huurtenders glo nooit geadverteer

hofhamertjie-2-320x264Die Noord-Kaapse regering het glo huurtenders met die Trifecta-groep aangegaan sonder dat enige tenders adverteer is, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag in Kimberley aangehoor.

Regter Mathebe Phatshoane het getuienis aangehoor in ʼn saak teen die Noord-Kaapse ANC-swaargewigte John Block, Alvin Botes, Yolanda Botha en Trifecta se direkteur, Christo Scholtz. Hulle staan ​​tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Trevor White, ‘n forensiese ouditeur van PWC in KwaZulu-Natal, was die staat se eerste getuie. Hy het die meeste van die middag tyd spandeer om die agtergrond en samestelling te verduidelik van die eerste van drie forensiese verslae wat aan die hof voorgelê gaan word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) beweer Trifecta het ʼn aantal huurooreenkomste met die Noord-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling aangegaan en glo hopeloos te veel vir huur gevra.  As gevolg hiervan, het Trifecta aan die einde van die huurooreenkomste glo huurgeld van nagenoeg R57 miljoen ontvang.

Daar is ook huurkontrakte met twee ander staatsdepartemente.

White het verduidelik dat die Jyba Trust, waarvan Botha ʼn begunstigde is, 10% se aandele in Trifecta bekom het vir slegs R100, terwyl die aandele miljoene werd is.

Scholtz en Sarel Breda, ‘n Noord-Kaapse sakeman, was die direkteure van Trifecta. Breda het in Maart 2009 in ‘n vliegtuigongeluk in die Noord-Kaap gesterf.

White het gesê die Nasionale Tesourie het PWC in Januarie 2012 aangestel om die huurooreenskomste met Trifecta te ondersoek.

Al die beskuldigdes het vroeër pleitverduidelikings aan die hof oorhandig waarin hulle onskuldig pleit op al die aanklagte teen hulle.

Scholtz voer aan dat hy Breda gevra het om hom te help met ʼn besigheidsgeleentheid nadat hy besef het daar was ‘n reuse tekort aan infrastruktuur in die Noord-Kaap. Dit sluit kantoorruimte in Kimberley en die omliggende dorpe in. Scholtz het aan die hof gesê dat hy baie min kennis dra van Trifecta-transaksies wat deur Breda aangegaan is. Hy het ontken dat hy enige van die ander beskuldigdes omgekoop het om huurkontrakte van die regering te bekom.

Botha het in haar pleitverduideliking ontken dat die 10% aandele wat sy in Trifecta ontvang het, ʼn beloning was.

Block het in sy pleitverduideliking gesê ten tyde van die beweerde oortredings was hy nie in diens van die regering nie en moes hy homself aan die lewe hou as ʼn sakeman. Hy verwys na ʼn aantal betalings aan hom as werk wat hy in sy eie hoedanigheid gedoen het. Herstelwerk aan ‘n gastehuis in Upington, wat blykbaar met Trifecta-geld gedoen is, is deur middel van ‘n lening van Breda befonds. Block het gesê hy betaal af aan dié lening. Hy het ook ontken dat hy korrupsie gepleeg het of enigiemand beïnvloed het om onregmatig op te tree ten opsigte van huurkontrakte vir Trifecta.

Botes het in sy pleitverduideliking ontken dat hy betrokke was by pogings om die departement van maatskaplike ontwikkeling te oortuig om huurkontrakte met Trifecta aan te gaan. Botes het gesê betalings wat aan hom deur Trifecta gemaak is, was salarisgeld vir ʼn tydperk wat hy nie vir die regering gewerk het nie.

Die verhoor duur voort. – SAPA

Lees ook:
Trifecta-saak in Noord-Kaap uitgestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koh Lian Fong ·

My broers en suster van Asië land, Ek is Miss Koh Lian Fong van Singapoer; Ek was in die behoefte van ‘n lening ‘n paar maande gelede. Ek moes ‘n lening my restaurant en kroeg, toe een van my lang tyd sakevennoot stel my aan die hierdie goeie en betroubare lening uitlener Mr.ZHANG wat my help met ‘n lening te bekom, en is rentekoers is baie laag is, dank God vandag is. Ek is nou ‘n suksesvolle sakevrou, en ek nuttig geword. In die lewe van ander, ek hou nou ‘n restaurant en kroeg. En sowat 22 werkers, dank God vir my lewe is ek goed verlaat het vandag ‘n gelukkige ma met drie kinders, te danke aan wat jy Mr.HZANG Nou kan ek sorg vir my pragtige familie, kan ek nou my faktuur betaal. Ek is nou die broodwinner van my familie. As jy kyk vir ‘n betroubare en betroubare lening leier. Jy kan e-pos hom via, ([email protected] Pls vertel hom mis Koh Lian Fong, vorm Singapore bekendstel aan hom. THANKS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.