Noord-Korea dreig met “voorkomende” kernaanval op Amerika

Kim N

Noord-Korea het kort oor die Verenigende Nasies se veiligheidsraad oor verskerpte sanksies teen die land stem, gedreig om ‘n “voorkomende” kernaanval op Amerika se “hoofkwartier” te loods.

Die veiligheidsraad se stemming volg juis op ontsteltenis oor Noord-Korea se ondergrondse kernontploffing, wat wêreldwyd veroordeel is. Selfs China, tradisioneel ‘n bondgenoot van Noord-Korea, het die insident veroordeel.

In reaksie op China se steun aan Amerikaans-geleide sanksies, het Noord-Korea ook gedreig om nog meer kernbomme te “toets.”

Kenners meen nie Noord-Korea is in staat om Amerika met ‘n kernbom te kan tref nie. Noord-Korea het egter onlangs ‘n seldsame sukses behaal toe dit ‘n vuurpyl gelanseer het wat “iets” in ‘n wentelbaan om die aarde geplaas het. Boonop dreig Japan om enige Noord-Koreaanse missiel wat sy lugruim skend, af te skiet.

Noord-Korea het vroeër vandeesweek ook gedreig om die skietstilstand van 1953 op te sê as die gesamentlike Suid-Koreaanse en Amerikaanse militêre oefeninge nie dadelik opgeskort word nie.

Waarnemers wys daarop dat Noord-Koreaanse dreigemente nie nuut is nie, maar dat dit sedert die omstrede kernstoets meer gereeld voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.