Noordwes-bejaarde glo verkrag en vermoor

Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van moord en moontlike verkragting nadat die halfnaakte liggaam van ʼn 85-jarige vrou in die provinsie opgespoor is.

Luitenant-kolonel Lesego Metsi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die bejaarde vrou se seun het Woensdagaand omstreeks 20:00 op die vrou se ontbinde liggaam in die slaapkamer van haar huis in Hebron, naby Ga-Rankuwa noord van Pretoria, afgekom.

“Na wat verneem word, is die vrou se onderklere en gebruikte kondome langs haar liggaam aangetref,” het Metsi gesê.

Die polisie het die slagoffer as Elizabeth Radebe identifiseer. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die moord en moontlike verkragting, om Crime Stop te skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.