Noordwes-boer en sy seun vrygespreek

hofhamertjie-2-320x264Douw de Beer, ʼn boer van Noordwes, en sy seun Dylan, is Vrydag in Pretoria vrygespreek op aanklag dat hulle twee mans nege jaar gelede vermoor het, het die SAUK berig.

Morris Morua (36) en Zacharia Leso (34) se liggame is op De Beer se wildsplaas in Noordwes aangetref nadat hulle doodgeskiet is toe hulle glo onwettig gejag het.

Die SAUK berig dat De Beer en sy seun skuldig bevind is aan verydeling van die gereg en selfoondiefstal.

Die uitspraak het glo Morua en Leso se families geskok gelaat. “My gevoel is dat die uitspraak baie onregverdig is. Hulle het die twee mans vermoor,” het Morua se pa, Thomas Maragela, gesê. “Hulle sê hulle het in selfverdediging geskiet. Hoe weet ons dit?” Volgens die uitsaaier het hy gesê daar was geen bewyse nie, omdat ʼn nadoodse ondersoek nie gedoen kon word nie.

Kapt. Nick Pitsoane, die ondersoekbeampte, het in 2011 getuig dat 10 klein beentjies die enigste menslike oorskot is wat in April 2004 op die plaas naby Boschkop opgespoor is.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

wat het hulle op die plaas gesoek? is daar nou i bohaai omdat hulle swart was? wat van al die witmense wat daagliks uitgemoor word? dit word baie keer nie eers in die media genoem nie. ek se skiet hom as hy op jou property kom. ons gaan voeter nie op hulle erwe rond nie.

Douw de Beer ·

Ek is die pa van die 16 jarige seun wat van moord aangekla was. Dit is bitter spyt dat soveel mense rustig op hulle agterende sit n komentaar lewwr waaroor hul geen benul het nie. Wie het die hosake bygewoon oor sowat 9 en n half jaar waarin al die feite bespreek was?
Dit is tog logies om oor iets te praat waarvan jy iets weet maar om as regter op te tree bloot oor die inligting wat in die media verskyn, is die wysheid van ‘n idioot!
Feite wat nie gepuliseer was nie bloot omdat dit n wit person is wat ‘n swarte geskiet het was bv.:
21 Gebruikte koel doppies was deur die polisie op die toneel opgetel. Hierdie 21 doppies was deur 3 verskillense wapens afgefuur. Die forensiese ondersoek deur die polisie en die Universiteit van Pretoria, het bevind dat doppies met identiese merke wat deur die polisie opgetel was, is in die kluis van Mnr Morris Morewa; een van die skieters se huis gevind.
Wie verstaan die dennke van ‘n 16 jarige seun waarop een en twintig keer geskiet word op sy pa se plaas binne die strek van twee minute? Wie sal homself nie verdedig in so ,n geval nie?
Ek wil net graag n paar feite noem:
Meer as twee persone knip deur n 2,4m hoe staal wilddraad en maak n gat daarin om deur te kruip en gesteelde wild deur te trek.
Hulle betree privaat eiendom sonder permissive.
Hulle steel die plaasboer se wild.
Hulle skiet met ongelisensieerde wapens wat nou nog soek is en geen poging word deur die polisie aangewend om te soek nie.
Hulle skiet op n 16 jarige seun bloot omdat hy in hulle pad is.
Wanneer hy terugskiet en beter skiet as hulle, word hy aangekla vir moord.
Hulle laat verskeie ander items agter gedurende hulle poging om te vlug, nie net selfone wat hulle laat val het nie maar ook n spies wat uit ronde yster van 8mm skerp geslyp is waarmee hulle die diere doodsteek. OOk laat hulle n knopkierrie ager toe hulle soos wilde hase oor die 2,4m wildheining spring.
Hulle laat ook 4 jaghonde agter waarmee hulle jag.

Ons hoor dat familie lede en Cosatu ongelukkig is oor die uitspraak dat my seun en ek onskuldig is aan moord. ,, Dit was moord” se hulle.
Hoe op dees aarde werk hulle dit uit? op grond van wat is dit moord?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.