Noordwes-boer se ontbinde liggaam opgespoor

Walter Niedinder, ʼn boer van Brakfontein naby Buffelshoek in die Noordwes se erg ontbinde liggaam is sowat 40 meter buite sy plaas opgespoor.

Niedinger se bure het Woensdagaand op sy liggaam afgekom, het die polisie in Noordwes gesê. OFM berig dat Niedinger se vriend oor die naweek by hom gekuier het toe ʼn argument tussen die twee ontstaan het. Volgens die polisie word die vriend steeds vermis. Niedinger se voertuig en sy Plasma TV en DVD-speler is gesteel. In hierdie stadium is die oorsaak van sy dood nog onbekend en, weens die ontbinde toestand van sy liggaam, weet die polisie nog nie wanneer hy vermoor is nie. Die polisie wag nog vir die forensiese verslag wat die oorsaak van sy dood bekend sal maak.

ʼn Saak van moord, huisroof en motordiefstal word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.